• 1969 Ek verlaat die Departement van Bosbou en begin 1 Junie 1969 by die Kaapstadse stadsraad as Bosbouer/-Tuinboukundige. So begin my munisipale loopbaan wat 34jaar en 8t maande sou duur – by 5 munisipaliteite.

    Ons woon op Westlake Bosboustasie – bokant Retreat en Muisenberg en net onderkant waar die latere radarstasie van die vloot opgerig is. Ek is in beheer van die Suidelike Tuinboudistrik en sien om na die straatbome en onkruidbeheer van die gebied wat strek vanaf Claremont tot Clovelly. Ek het my werk by die Kaapse Stadsraad geniet.

  • - max-2