• Die Departement stuur my en my kollega, Piet Muller (my koshuis kamermaat te Saasveld) om die O & M – kursus in Pretoria gedurende Oktober/November 1964 by te woon. Die kursus, aangebied deur die Staatsdiens-kommissie, was ‘n eksklusiewe kursus vir geselek-teerde ouens. Gedurende my opleidings-periode te Pretoria laat die Sekretaris van Bosbou(die hoof van die Departement van Bosbou) my tweekeer keer na sy kantoor kom om te vra dat ek sy persoonlike assistent/bestuurder/lyfwag moet word. Dit was ‘n groot prestasie om genooi te word hiervoor maar ek het vir hom gesê dat ek eerder op ‘n bosboustasie sou wou werk -“in die bosse”- as om in die Pretoria- en Kaapstadkantore(met die parlementsittings) te werk. Hy was nie juis baie beindruk met my besluit nie, maar het dit so aanvaar.
  • - max-2 - boetie - max