• 1967 Ek vra 'n oorplasing na 'n ander afdeling in Bosbou en word na Darling verplaas waar ek die waaisand herwinning te Yserfonteinstrand onderneem... Die mense daar het ons baie, baie goed behandel - o.a. my saamgeneem na veilings in die Kaap, ons na braais genooi, gereeld melk of karringmelk gestuur ens. Tannie Kotie en Oom Danie Pienaar was die groot bederwers en ons soos hul eie kinders behandel. Nou onlangs kry ons kerk hier in Walmer ‘n afgetrede dominee om af te los wanneer nodig, nl. Ds Ben Pienaar en sy vrou Susan. Ma HEKS, met haar geheue soos ‘n olifant, werk uit dat dit Oom Danie en Tannie Kotie se seun moes wees want hul seun het toe net begin as prediker iewers in die Karoo in daardie tyd. Sy was toe reg – ook wondwerlike twee mense – Ds Ben en sy gade Susan - en hulle is nou van ons goeie vriende wat ons baie lief voor is!
  • - max-2 - boetie - max