• Ons koop ons eerste splinternuwe motor in Muisenberg - 'n 1969 Austin 11/55 (ligblou) splinternuut uit die “boks” - en is ons nie trots op dié “duur” motor van R1640 alles ingesluit(let wel nie per maand nie)! Ons het ons natuurlik baie bekommer oor die hoë paaiement van R45.00 per maand - maar op die ou end het ons dit gemaak – en watter lekker motor was dit nie. En was ons nie in die wolke en windgat met die mooi blou karretjie nie! Ons is met die motor met vakansie na Durban – ‘n lang pad maar ek kan nou-nog “voel” hoe lekker die motor geloop het.
  • - max-2 - boetie - max