• 1980 Aanvaar pos as Asst-Direkteur van Parke en Ontspanning te Welkom 1 Julie 1972. Ons word ‘n munisipale huis in Doorn aangebied. Wat 'n ontnugtering toe ons daar moes intrek! Die gras staan amper menshoog en daar is dubbeltjies by die miljoene – seker waar die buurt sy naam gekry het. Dit was die plek met die meeste dubbeltjies wat ek nog ooit gesien het. HEKS wou nie eens afpak nie en het in die motor bly sit en huil. Maar uiteindelik was dit weer die kinders wat vir ons 'n voorbeeld gestel het - Max het onmiddellik en met groot entoesiasme hom pragtig ingerig daar in sy kamer.
  • - max-2 - boetie - max